Okay, so na ‘n hele tydjie van soul-searching blyk dit dat ek my hele lewe lank eintlik ‘n introvert is, en ek gedra my nog heeltyd soos ‘n ekstrovert. Maar dis nie my skuld nie, sê hulle – ek is, soos omtrent ‘n derde van alle mense, ‘n introvert in ‘n wêreld geskik slegs vir ekstroverte. Die ekstrovert-gedrag is iets wat alle introverte aanleer, met verskillende grade van sukses.
Introverte is meer sensitief vir hul omgewing. Dit, sê die mense wat behoort te weet, is hoekom ek die wêreld as so ‘n perplexing plek ervaar – ek is eenvoudig meer sensitief vir alles wat om my aangaan. Hulle’t so ‘n eksperiment gedoen met babas waar hulle die babas blootgestel het aan verskillende soorte stimuli. Hulle’t voorspel dat die babas wat meer gereageer het daarop introvert-eienskappe sou toon as hulle ouer word. Hulle was reg. Basies wys dit maar net hoe introverte net meer sensitief is vir stimuli – die feit dat hulle babas gebruik het bewys dat dit heeltemal ‘n natuurlike reaksie is. So. Wat jy nou lees is die resultaat van daardie fenominoon. Medehartlam bestaan bloot as gevolg van ‘n oorsensitiwiteit vir stimuli.
Vir die van hele wat nie heeltemal verstaan wat ek bedoel met hierdie oorsensitiwiteit nie sal ek gou ‘n tipiese dag in die lewe van ‘n introvert beskryf:
Voor die dag nog amptelik begin het, het jy al klaar meer stimuli geinternaliseer as wat baie mense in ‘n hele dag ervaar. Byvoorbeeld, oppad klas toe sal jy verby ‘n hele paar mense stap wat jou heeltemal ignoreer omdat hulle jou kwalik neem omdat jy met ‘n tas vol boeke stap en hulle nie. Die boeke gaan jou help om eendag ‘n lewe vir jouself te skep, terwyl hulle nooit die kans gaan kry om hulle eie lot te bepaal nie, en dat hulle lewens waarskynlik nooit beter sal word as wat dit nou is nie, en hulle sal doodgaan sonder dat hulle ooit ‘n sê gehad het in hulle menswaardigheid. Nie net is die afwesigheid van vryheid in hierdie mense se lewens vir jou duidelik as ‘n introvert nie, maar jy is ook undeniably bewus van die pyn en lyding wat hierdie mense elke dag ervaar in hulle struggle vir oorlewing. Nie net is hulle lewens insignificant nie, maar dit is moeilik en hartseer en erg en onregverdig – vir niks. Dit alles is gedagtes wat tipies in ‘n intorvert se kop ontstaan voor 8 vm.
Maar dis nog oukei om mee te deal want die mense wat jou affekteer verwag nie dat jy met hulle moet interact nie. Dus begin die eintlike moeilikheid wanneer jy om jou peers is. Want hierdie ekstrovert-wêreld beloon geselsies, grappies, laggies, sosiaal-wees. Mense wat nie sulke vaardighede toon nie is hartseer, skaam, of depressief. So wanneer ‘n introvert haar– of homself in ‘n geselskap vind waar mense die goed wat hulle nie verstaan nie bekend maak, soos byvoorbeeld die kompleksiteit van die feit dat hulle êrens gelees het dat mense wat in die Sjinese “year of the monkey” gebore is veronderstel is om hiperaktief te wees, maar hulle self is glad nie hiperaktief nie, word daar van introverte verwag om hulle opinie oor hierdie fenominoon te lig. Dit is moeilik vir die introvert as gevolg van al die ander stimuli wat sy al tot voor daardie oomblik, soos die hartseer oor arm mense se lot wat in die vorige paragraaf beskryf word, ervaar het. Die introvert kannie anders as om te voel asof die eienskappe van mense wat in die year of the monkey gebore is redelik insignificant is as mens dit vergelyk met al die ander perplexities van die lewe nie. Maar sy kannie hierdie gedagte kommunikeer nie, want die ekstrovert-wêreld se beloning van laggies en glimlaggies en grappies bepaal dat ‘n mens eerder moet saam lag en glimlag en grappies maak oor the year of the monkey as wat jy ‘n duidelike fout met ons samelewing uitwys.
So verloop die dag vir ‘n introvert, sodat wanneer sy teen vyfuur by die huis kom, sy heeltemal uitgeput is en niks anders as haar eie geselskap wil hê nie. En die ergste is dat die meeste introverte dit nie eers agterkom nie, want so gewoond is hulle om te deal met die derduisende stimuli wat hulle in ‘n dag ervaar dat hulle glad nie eers meer oplet dat hulle die heeltyd onbewustelik besig is om daarmee te cope nie.
Na verskeie sessies met iemand wat oor sulke goed gesels as beroep het ek doelbewus begin werk aan hierdie oorsensitiwiteit. Ek het so gereeld as moontlik neersgeskryf wanneer ek agtergekom het dat ek deur die stimuli om my geaffekteer was (wat min of meer elke minuut van elke dag is). As iets my ontstel het het ek probeer perspektief kry deur vir myself te sê dat dit net die introvert in my is wat geaffekteer word, dat dit nie regtig so erg is nie. Gepaard met dit was ‘n poging tot verdraagsaamheid met almal om my wat nie die goed agtergekom het wat my so ontstel het nie – ek is ‘n introvert en dis hoekom dit my pla, het ek aan myself gesê, en ekstroverte kannie help dat dit hulle nie pla nie, nes ek nie kan help dat dit my wel pla nie.
Maar so ‘n manier van dink is frustrerend, want dit forseer jou om jou mees basiese instink te undermine. Vir my is die gevaar van iets klassifiseer, om ‘n naam daarvoor te gee, om dit tjoef-tjaf in ‘n boksie te plaas en daan weg te bêre saam met al die ander boksies wat ek in my kop ronddra. Dit doen ek seker maar om orde te skep in die malhuis van gedagtes daar bo. Elke keer wat ek dus ontsteld was oor iets as gevolg van my oorsensitiwiteit vir wat om my aangaan het ek dit gou in die introvert-boksie gebêre, en daar het dit gebly.
Dit was uiteraard nie gesond vir my nie. Want ek het nie my instink gehoorsaam nie. Die feit dat ek meer sensitief is as meeste mense om my verduidelik hoekom goed my meer pla as wat dit vir ander mense pla, maar dit beteken nie daardie gevoel is nie justified nie. Dalk word almal nie so geaffekteer deur die wêreld om ons soos ek nie, maar dit beteken nie daar’s nie fout met hierdie plek nie. Ja, die feit dat ek 'n introvert is maak dat ek sien hoe onregverdig ons samelewing is. Maar net omdat sulke insigte 'n persoonlikheidseienskap is wat nie alle mense deel nie beteken nie daardie insigte is nie waardevol nie. Inteendeel, juis omdat nie almal natuurlik bewus is van die foute met die wêreld nie is dit ons verantwoordelikheid om dit aan ons ekstrovert-vriende te openbaar. Susan Cain moedig introverte aan om hul gedagtes te deel, en dit nie weg te bêre en saam te lag en grappies te maak nie, maar om daardie goed wat hulle raaksien wat ander mense nie raaksien nie, uit te lig.
Hiermee moedig ek die van julle wat deel in hierdie disposition (wat apparently ten minste ‘n derde van alle mense is), om te luister na die knee-jerk reactions wat julle daagliks ervaar, maar al geleer het om te ignoreer. Dis ons silent strength en dis waardevol. Vir die res van julle, julle introvert-vriende sal dit waardeer as julle ons net ‘n bietjie meer humour as ons ons verwardheid met die wêreld bewoord. Ons sal waarskynlik gou daaroor kom, maar ons het nodig dat julle ons ernstig opneem sodat wanneer ons actually ‘n goeie punt beet het, ons sal weet hoe om dit aan te pak. Ons is nie oorsensitief nie, ons is net sensitief, en as jy my vra kan hierdie wêreld doen met ‘n bietjie meer daarvan.
No comments:
Post a Comment